Vadersdag 2013

Kom kuier gerus vir Vadersdag by die Franschhoek Motormuseum. Vaders sal gratis toegang ontvang en kan selfs in een van die veteraanmotors saamry! Die enjinkappe in die vertoonlokale sal oopstaan en ‘n paar motors sal gedurende die dag gedemonstreer word (afhangende van die weer).

Vanuit die deli sal daar smaaklik gevulde Panini’s, croissants, koffie en dies meer te koop wees.

Toegangsfooie: Volwassenes R60/persoon, Pensionarisse R50/persoon, Kinders (3-12 jr) R30/persoon.

Sondag, 10h00 tot 16h00 (laaste toegang 15h00)