ALFA ROMEO 6C 2500 SS - FMM
Franschhoek, South Africa+27 (0)21 874 9000kras@fmm.co.za

ALFA ROMEO 6C 2500 SS

Project 20 of 40

Cuore Sportivo – ‘sportiewe hart’ – is al vir lank ALFA ROMEO se leuse, ‘n tradisie van styl en verrigting gevestig deur motors soos hierdie 1947 6C 2500 SS, wat toegerus is met ‘n berlinetta-bak deur Carrozzeria Touring van Milaan. In sy eerste jaar van deelname het dit die Eccellenza-trofee by die Parco Valentino Concorso d’Eleganza gewen.

In 1950 het die sportiewe koepee aan verskeie groot wedrenne deelgeneem, waaronder die Mille Miglia en die Coppa d’Oro delle Dolomiti, het dit die Stella Alpina gewen en is dit aan die einde van daardie jaar met die Italiaanse GT-kampioenskapstitel bekroon om sodoende die gesogte Ferrari’s en opkomende Lancia’s te klop.

Die SS – vir Super Sport – is gebou op die kortas-onderstel met onafhanklike voorvering en ‘n Vittorio Jano-ontwerpte sessilinder, dubbel-bonokas 2,5-liter enjin wat 82 kilowatt ontwikkel het.

Nadat dit vir etlike jare gestaan het, het die motor – steeds met sy oorspronklike onderdele en meganika – ‘n intensiewe vyfjaar-restourasie ondergaan om dit in sy manjifieke glorie te herstel.

 

TEGNIESE SPESIFIKASIE

Jaar 1947
Land van Oorsprong Italië
Enjintipe gelid-sessilinder dubbelbonokas
Kraglewering 105 rpk of 78 kW
Transmissie viergang-handrat, agterwielaangedrewe
Remstelsel hidrouliese trommelremme
Topsnelheid 165 km/h

KYK DIE VIDEO

 

VIEW OUR PORTFOLIO

Menu